Resensies van Iets ver en nuut
Toe my eerste bundel reissketse, Iets ver en nuut, in 2010 verskyn het, is dit in ‘n aantal publikasies geresenseer. Hier volg twee van die resensies.
In die eerste noem Henry Cloete my “oog vir die ongewone wat nie in enige toergids gevind sal word nie” en in die tweede skryf Stoffel Cilliers: “Bykomende pluspunte wat dit ’n bate vir enige boekrak maak, is die gedissiplineerde skryfwerk, asook die rype insigte wat so gemaklik deurgegee word”.
Vir elke reisskrywer is dit ’n geboortereg om die plek onder bespreking na willekeur met die oor en oog te annekseer.
Vooroordele, herkoms en al.
Die expat-reisskrywer André Pretorius blyk volledig bewus te wees van hierdie feit.
Hoe bevoorreg is die leser nie om reisgenoot te wees van só ’n veelsydige skrywer nie!
Hy is tegelyk wêreldreisiger, fyn waarnemer, deeglike navorser, onderhoudende verteller en woordkundige formuleerder van formaat.
André Pretorius (35), wat tans in Londen woon, gaan in matriek die eerste keer oorsee.“Daardie naamwoordjie – ‘oorsee’ – was vir my die versamelnaam vir al die wondere van ’n mitiese, idilliese plek” (bl. 10).
Boekbesonderhede
- Iets ver en nuut deur André Pretorius
Boek se tuisblad
EAN: 9781869193553
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
eBook options – Download now!
-
eBook: Iets ver en nuut by André Pretorius
eBook type: PDF
EAN: 9781869197889
Download this eBook at LittleWhiteBakkie.com
» read article