Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

André Pretorius

@ Sunday Times Books LIVE

Resensies van Iets ver en nuut

Iets ver en nuutToe my eerste bundel reissketse, Iets ver en nuut, in 2010 verskyn het, is dit in ‘n aantal publikasies geresenseer. Hier volg twee van die resensies.

In die eerste noem Henry Cloete my “oog vir die ongewone wat nie in enige toergids gevind sal word nie” en in die tweede skryf Stoffel Cilliers: “Bykomende pluspunte wat dit ’n bate vir enige boekrak maak, is die gedissiplineerde skryfwerk, asook die rype insigte wat so gemaklik deurgegee word”.

Vir elke reisskrywer is dit ’n geboortereg om die plek onder bespreking na willekeur met die oor en oog te annekseer.

Vooroordele, herkoms en al.

Die expat-reisskrywer André Pretorius blyk volledig bewus te wees van hierdie feit.

Hoe bevoorreg is die leser nie om reisgenoot te wees van só ’n veelsydige skrywer nie!

Hy is tegelyk wêreldreisiger, fyn waarnemer, deeglike navorser, onderhoudende verteller en woordkundige formuleerder van formaat.
André Pretorius (35), wat tans in Londen woon, gaan in matriek die eerste keer oorsee.

“Daardie naamwoordjie – ‘oorsee’ – was vir my die versamelnaam vir al die wondere van ’n mitiese, idilliese plek” (bl. 10).

Boekbesonderhede

eBook options – Download now!


‘n Besoek aan Downton Abbey, oftewel die Highclere-kasteel

 
Iets ver en nuutSedert die Highclere-kasteel, suidwes van Londen, as die stel van die gewilde televisiereeks Downton Abbey gebruik is, sak ongeveer 4 000 toeriste per dag daarop toe. Ek het onlangs tot die besoekertal bygedra en meer oor die geskiedenis van dié Victoriaanse herehuis uitgevind:

‘Drukgang,” dink ek. ’n Weelderige drukgang, weliswaar: Rondom my in die Rookkamer hang drie van die Venesiese skilder Canaletto se tonele van sy tuisstad bo die diep leerstoele waarin die here van die huis eens ná aandete sou wegsink vir hul pyp en sigaar.

Maar die vertrek is nietemin ’n drukgang.

In die volgende kamer – die dames se Oggendkamer – is die gids ’n netjiese, bejaarde vrou van die twinset and pearl-brigade. “Before Downton Abbey,” merk sy op, “we certainly never had this problem – we’d be lucky to see 200 visitors in a day.”

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Everett Potter

Op die spoor van die digter Federico Garcia Lorca in Spanje

 
Iets ver en nuutTydens ‘n reis na Spanje het ek die stad Granada besoek, wat ‘n groot invloed op Federico Garcia Lorca se digkuns gehad het. Ek het ook ‘n draai gemaak by die Cap de Creus-skiereiland waar Lorca by sy goeie vriend Salvador Dali gaan kuier het.

In die onderstaande artikel vir Versindaba ondersoek ek die manier waarop Lorca se leefwêreld in sy werk neerslag gevind het:

Die kuspad hierlangs heet die Camino de Ronda. Dit eggo met herinneringe aan smokkelary – ‘n voetpad langs die baaitjies en oor die naakte heuwels van die Cap de Creus-skiereiland, waar die uitlopers van die Pireneë hulleself in die Middellandse See verloor.

In die see-inhammetjie van Port Lligat staan Salvador Dali se fantasie van saamgeflanste vissershuisies. In die eertydse vissersdorpie van Cadaqués maak elke hotel en drinkplek aanspraak op ‘n Dali-eggo, want Cadaqués was ‘n muse vir Surrealisme, Kubisme, Dali, Pablo Picasso, Georges Braque en vele ander.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Poesiae Letteratura