Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

André Pretorius

@ Sunday Times Books LIVE

About André Pretorius

André Pretorius is gebore in Marble Hall en het skoolgegaan op Groblersdal. In sy matriekjaar het hy die eerste keer oorsee gegaan – na die Olimpiese Spele in Barcelona – en sedertien kon hy van reis nie genoeg kry nie. Na sy regstudies in Pretoria het hy in 1996 “vir ‘n jaar” na Brittanje gegaan, aangebly om by Cambridge te studeer en sedertien daar vasgehaak, met kort tussenposes in Brussel en Hongkong.

In sy bundel reissketse, Iets ver en nuut (Protea, 2010), het hy lesers onder meer laat deel in die nostalgie van Nobelpryswenner Orhan Pamuk se Istanbul, ’n bootrit op die magtige Irrawaddy-rivier in Birma gedurende die reënseisoen wanneer dit voel asof die waters van hemel en aarde versmelt, die gekheid van ‘n wynproe-cum-marathon in die Medoc, en die verleentheid van ‘n besoek aan ‘n eeue-oue Turkse bad In Boedapest met net ’n sakdoed as sluier vir sy skaamte.

In sy tweede bundel sketse, Eilande en enklaves, wat pas verskyn het, besoek hy eilande aan die uiteindes van die planeet (Ysland en Tierra del Fuego), reis na Libië ‘n maand voor Ghaddafi begin wankel, word verlei deur die skoonheid van orde in Switserland en vind relieke van oorlog en geloof oor die lengte en breedte van die planeet.

Hy woon in Cambridge saam met sy vrou, Theresa, en Daniel (oesjaar: 2011).

 

Please register or log in to comment